Toets 123

'n Houertjie blueberries
neem my terug
na ons motorhuis
Vol blomme

Dit proe soos:

Tannie Daleen sou trou
en Ma het al die blomme gedoen
Ná 'n rangskikkingskursus
In 'n meenthuis in Dainfern

Daisies, honderde, regop gehou en gepiep
Ander-ouma het kom help
Daar's nog foto's van my en sussie in 'n plakboek

Elke tafel, hooftafel en ruiker

Die kerk het altyd blomme gekry
Die enigste /ander/

’n Politiese estetika is binne-in my aan die groei, dit straal uit my oë uit en klou na alles in die landskap, dis dofgrys- en blou, opgewonde grou, dis jags en somber, met lus en swik – dis alles: dis wit; veral, en Queer, soos 'n kanker wat jou omvou.